Psoralea muirii is 'n struik in die familie Fabaceae en is endemies aan die Wes-Kaap. Die spesie kom van Stilbaai tot by Mosselbaai voor en is deel van die fynbos. Dit het 'n voorkomsgebied van 620 km² en daar is sewe subpopulasies. Die plant word bedreig deur die Acacia-indringerplante.

Bronnelys Biodiversityadvisor ScienceDirect Plants of the World Online

muirii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika