Psoralea elegans is 'n klein tot groot struik in die familie Fabaceae en is endemies aan Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die spesie kom voor van die Swartberge tot in die Kougaberge in stroompies, slote en rotskeure op hoogtes van 1 300 tot 1 700 m. Dit is deel van die berg fynbos en word as seldsaam beskou.
Bronnelys Biodiversityadvisor ScienceDirect Plants of the World Online
elegans Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika