Gabriel Boric Font (Punta Arenas, gebore 11 Februarie 1986), is 'n Chileense sentrum-linkse politikus. El País: La nueva cara de la izquierda en América Latina. Hy het van 2022 tot 2026 as president van Chili gedien, nadat hy die 2021-presidentsverkiesing met die destyds hoogste absolute aantal stemme in die Chileense geskiedenis gewen en die verregse kandidaat José Antonio Kast verslaan het. Biobio Chile: Boric rompe récords y es el presidente electo con mayor votación de la historia.

Hy was 'n sleutelleier tydens die studentebetogings in sy land in 2011, en tussen 2014 en 2022 'n lid van die Kamer van Afgevaardigdes van Chili. Hy is oorspronklik van Punta Arenas. Congreso Nacional de Chile

Hy het die presidentskap van Chili op 11 Maart 2022 op die ouderdom van 36 aanvaar, waarmee hy die sesde jongste leier in die wêreld was. El Sol de México: Gabriel Boric, Nayib Bukele y los presidentes más jóvenes en asumir el puesto.

Vroeë lewe en opvoeding Boric is op 11 Februarie 1986 in Punta Arenas in die Magallanes-streek van Chili gebore. Hy het twee broers genaamd Simón and Tomás. Gabriel Boric se pa, Luis Boric Scarpa, is 'n chemiese ingenieur wat vir meer as 40 jaar as 'n staatswerknemer by Empresa Nacional del Petróleo (Nasionale Petroleummaatskappy) gewerk het. Sy ma, María Soledad Font Aguilera, is van Katalaanse afkoms.

Boric se familie aan vaderskant het diep wortels in die Magallanes-streek. Sy oupagrootjie, Juan Boric (Ive Borić Barešić) en sy broer Simón (Šime), het in 1885 in Punta Arenas aangekom, en was een van die aanvanklike tien Kroate wat hulle in Magallanes gevestig het. Boric se grootoom, Vladimiro Boric, was die eerste biskop van Punta Arenas. 'n Ander grootoom, Roque Scarpa Martinich, was die eerste intendant van die Magallanes-streek ná Chili se militêre diktatorskap. Beide Roque Scarpa en Gabriel Boric se pa was lede van die Christen-Demokratiese Party.

Gabriel Boric het by die Britse skool in sy tuisdorp skoolgegaan. Hy het in 2004 na Santiago de Chile verhuis om regte aan die Universiteit van Chili te studeer. Hy het sy kursuswerk in 2009 voltooi, wat saamgeval het met sy aanstelling as President van die Regskoolstudentevereniging. Daarna het hy daarop gefokus om op sy eindeksamen voor te berei en sy verpligte internskap na te kom. Hy het egter nie die toets in 2011 geslaag nie en besluit om dit nie weer af te lê nie. Boric het nie 'n regsgraad van die universiteit ontvang nie en het in daaropvolgende onderhoude gesê dat hy nooit van plan was om 'n regsloopbaan te volg nie en dat hy eerder 'n skrywer wou geword het.

Politieke loopbaan In Desember 2011 is hy verkies tot president van die Universiteit van Chili se Studentevereniging. Gedurende sy presidentskap van die Studentevereniging het Boric 'n prominente rol gespeel in die tweede fase van die studentebetogings wat in 2011 ontstaan het. Hy het na vore getree as een van die primêre woordvoerders van die Chileense Studentevereniging.

In die 2013-parlementêre verkiesing is Boric tot die Kamer van Afgevaardigdes van Chili verkies. Hy is in 2017 herverkies.

President van Chili Boric het die Apruebo Dignidad se presidensiële voorverkiesing op 19 Julie 2021 gewen en dus die alliansie se presidentskandidaat vir die verkiesing op 21 November 2021 geword. In die eerste rondte van die verkiesing op 21 November 2021 het Boric die naasmeeste stemme na die verregse kandidaat José Antonio Kast ontvang. Boric het toe na die tweede rondte op 19 Desember 2021 deurgedring wat hy met meer as 55% van die stemme gewen het. Leftist Boric wins Chile presidential election after far-right rival quickly concedes. France24. Hy is op 11 Maart 2022 as president van Chili ingehuldig.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van Chili Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense