Magical Mystery Tour is 'n album deur The Beatles met liedjies uit die derde fliek wat The Beatles gemaak het. Dit is oorspronklik vrygestel as 'n dubbele EP in die Verenigde Koninkryk en as 'n langspeelplaat in Amerika. Op die Amerikaanse langspeelplaat is die liedjies uit die film aangevul met enkelsnitte wat in 1967 deur The Beatles vrygestel is. Hierdie album het aan die einde van 'n produktiewe tydperk vir die Beatles verskyn waartydens hulle baie psigedeliese musiek gemaak het.

Snitlys

Ep

Magical Mystery Tour Your Mother Should Know I Am the Walrus The Fool on the Hill Flying Blue Jay Way

LP en CD

Magical Mystery Tour The Fool on the Hill Flying Blue Jay Way Your Mother Should Know I Am the Walrus Hello, Goodbye Strawberry Fields Forever Penny Lane Baby, You're a Rich Man''' All You Need Is Love''

Kategorie:Engelse albums