Die Kampioenetrofee 2009 (Engels: 2009 ICC Champions Trophy) is van 22 September tot 5 Oktober 2009 in Suid-Afrika beslis. Dit was die sesde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Anders as die gewone interval van twee jaar is dit by uitsondering drie jaar ná die vorige Kampioenetrofee 2006 aangebied. Oorspronklik sou die toernooi in Oktober 2008 in Pakistan plaasvind, maar weens veiligheidskwessies is dit met een jaar uitgestel en na Suid-Afrika verskuif. Daarbenewens was dit ná die Krieketwêreldbeker 2003 en die T20I-wêreldbeker 2007 die derde groot kriekettoernooi in Suid-Afrika.

duimnael|links|upright|Die Kampioenetrofee waarom meegeding is Die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2009 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Tydens die Kampioenetrofee 2009 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Engeland geklop en Nieu-Seeland vir Pakistan, waardeur die twee Oseaniese spanne in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op SuperSport-park in Centurion, het die verdedigende kampioen Australië Nieu-Seeland met ses paaltjies verslaan en sodoende sy tweede Kampioenetrofeetitel gewen. Die gasheer Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Toewysing Die Kampioenetrofee 2009 sou oorspronklik van 11 tot 28 September in die Pakistanse stede Lahore en Karatsji beslis word. Die IKR het die toernooi later weens veiligheidskwessies deur ’n aantal deelnemende lande uitgestel; op 24 Julie 2008 het die IKR aangekondig dat die toernooi wel in Pakistan sou plaasvind, ondanks vrese van spelers uit Australië, Engeland, Suid-Afrika en Nieu-Seeland om na dié land te toer. Op 22 Augustus 2008 het Suid-Afrika aangekondig dat hulle weens veiligheidskwessies nie aan die Kampioenetrofee in Pakistan sou deelneem nie. Twee dae later, op 24 Augustus 2008, ná spekulasie dat die toernooi elders gehou kon word (in Engeland, Sri Lanka of Suid-Afrika), het die IKR aangekondig dat die toernooi tot in Oktober 2009 uitgestel sou word.

Tydens sy vergadering in Februarie 2009 het die IKR se uitvoerende raad besluit om Pakistan van sy gasheerreg vir die Kampioenetrofee 2009 te ontneem. Op daardie stadium was Sri Lanka die gunstelinggasheerland. In Maart 2009 het die IKR se Hoofbestuurskomitee aan die IKR se uitvoerende raad aanbeveel om die toernooi in Suid-Afrika aan te bied aangesien daar bekommernisse was dat weens die weerstoestande in Sri Lanka gedurende September en Oktober te veel wedstryde uitgereën sou kon word. Die IKR se uitvoerende raad het dié aanbeveling goedgekeur en die toernooi is in Suid-Afrika van 22 September tot 5 Oktober 2009 geskeduleer. Wanderers en SuperSport-park, albei in die Johannesburgse gebied, is as plekke vir die toernooi aangekondig. Saam met die Krieketwêreldbeker 2003 en die T20I-wêreldbeker 2007 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.

Deelnemers Vir die eerste keer het slegs die destydse beste agt spanne op die EDI-ranglys soos op 1 Augustus 2009 het vir die Kampioenetrofee 2009 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Bangladesj en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2009 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam tien spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieEDI-ranglys op1 Augustus 2009Sesde2006Kampioen (2006)Sesde2006Naaswenner (2004)Sesde2006Kampioen (2002)Sesde2006Kampioen (2000)Sesde20063de plek (2000)Sesde2006Kampioen (2002)Sesde2006Kampioen (1998)Sesde2006Kampioen (2004)

Stadions Tydens die toernooi is twee Suid-Afrikaanse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2009 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Centurion Johannesburg SuperSport-park Wanderers Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 34 000 150px 150px

Formaat Die Kampioenetrofee 2009 is oor 14 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 22 September 2009 op SuperSport-park in Centurion met die openingswedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 5 Oktober met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die Kampioenetrofee verdedig het.

Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2009 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseSeptemberDi22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Di29Wo30Groep A | | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 2Groep B | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 |UitklopfaseOktoberDo1Vr2Sa3So4Ma5Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase Die Kampioenetrofee 2009 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van agt skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Steve Davis (Australië) Daryl Harper (Australië) Simon Taufel (Australië) Ian Gould (Engeland) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Tony Hill (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Asad Rauf (Pakistan)

Wedstrydbeamptes Jeff Crowe (Nieu-Seeland) Javagal Srinath (Indië) Roshan Mahanama (Sri Lanka)

Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groep A Span32015+0.51032104+0.99931113+0.29030300−1.537

Groep B Span32104+0.78232104−0.48731202−0.08531202−0.177

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

Kampioenetrofeewenner 2009

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2009.

duimnael|400px|Uitslag van die Kampioenetrofee 2009: RangSpanGroep Finaliste 1 A 5 4 1 0 1179 887 +292 — 9 2 B 5 3 0 2 1110 1079 +31 — 6 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 4 2 0 2 874 821 +53 — 4 4 B 4 2 0 2 939 918 +21 — 4 In die groepfase uitgeskakel 5 A 3 1 1 1 378 665 –287 +0.290 3 6 B 3 1 0 2 808 734 +74 −0.085 2 7 B 3 1 0 2 724 856 –132 −0.177 2 8 A 3 0 0 3 487 539 –52 −1.537 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Ricky Ponting 288 2 Shane Watson 265 3 Graeme Smith 206 4 Paul Collingwood 202 5 Mohammad Yousuf 200 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Wayne Parnell 11 2 Stuart Broad 10 3 Kyle Mills 9 4 Saeed Ajmal 8 Ashish Nehra

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Kampioenetrofee 2009 op ESPNcricinfo

Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Krieketkompetisies in Suid-Afrika 2009 Kategorie:Sport in 2009