Die Kampioenetrofee 2013 (Engels: 2013 ICC Champions Trophy) is van 6 tot 23 Junie 2013 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die sewende Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die 2004-toernooi die tweede in Engeland.

duimnael|links|upright|Die Kampioenetrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2009 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2013 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Tydens die Kampioenetrofee 2013 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Engeland, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika geklop en Indië vir Sri Lanka, waardeur Engeland en Indië mekaar in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op Edgbaston in Birmingham het Indië die gasheer met vyf lopies (D/L-metode) verslaan en sodoende sy tweede Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2011, die T20I-wêreldbeker 2007 en die gedeelde titel met Sri Lanka tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Indië se vierde internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Dit sou oorspronklik die laaste Kampioenetrofee gewees het en in 2017 deur die Wêreldtoetskampioenskap vervang word, maar in Januarie 2014 is dié plan herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2013 aangewys.

Deelnemers Die destydse agt beste spanne op die EDI-ranglys soos op 21 Augustus 2012 het vir die Kampioenetrofee 2013 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die wedstrydskedule en groepe is op 21 Augustus 2012 bekend gemaak. Bangladesj en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2013 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam tien spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieEDI-ranglys op21 Augustus 2012Sewende2009Kampioen (2006, 2009)Sewende2009Naaswenner (2004)Sewende2009Kampioen (2002)Sewende2009Kampioen (2000)Sewende20093de plek (2000, 2009)Sewende2009Kampioen (2002)Sewende2009Kampioen (1998)Sewende2009Kampioen (2004)

Stadions Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2013 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied.

Birmingham Cardiff Londen Edgbaston Sophia Gardens The Oval Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 15 634 Kapasiteit: 27 500 150px 150px 150px

Formaat Die Kampioenetrofee 2013 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 6 Junie 2013 op Sophia Gardens in Cardiff, Wallis, met die openingswedstryd tussen Indië en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op Edgbaston in Birmingham, Engeland, op 23 Junie met die eindstryd tussen Engeland en Indië, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofee 2009 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2013 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieDo6Vr7Sa8So9Ma10Di11Wo12Do13Vr14Sa15So16Ma17Groep A

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1Groep B | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | |UitklopfaseJunieDi18Wo19Do20Vr21Sa22So23Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase Die Kampioenetrofee 2013 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van twaalf skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Steve Davis (Australië) Bruce Oxenford (Australië) Rod Tucker (Australië) Ian Gould (Engeland) Richard Kettleborough (Engeland) Nigel Llong (Engeland) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Tony Hill (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Kumar Dharmasena (Sri Lanka) Marais Erasmus (Suid-Afrika)

Wedstrydbeamptes Chris Broad (Engeland) Javagal Srinath (Indië) Andy Pycroft (Zimbabwe)

Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groep A duimnael|Wedstryd tussen Australië en Engeland op Edgbaston in Birmingham Span32104+0.30832104−0.19731113+0.77730211−0.680

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Indië en Suid-Afrika op Sophia Gardens in Cardiff Span33006+0.93831113+0.32531113−0.07530300−1.035

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

Kampioenetrofeewenner 2013

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2013.

duimnael|400px|Uitslag van die Kampioenetrofee 2013: RangSpanGroep Finaliste 1 B 5 5 0 0 980 1008 –28 — 10 2 A 5 3 0 2 1034 981 +53 — 6 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 4 2 0 2 869 847 +22 — 4 4 B 4 1 1 2 944 867 +77 — 3 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 1 1 595 636 –41 −0.075 3 6 A 3 1 1 1 349 550 –201 −0.777 3 7 A 3 0 2 1 697 573 +124 −0.680 1 8 B 3 0 0 3 502 508 –6 −1.035 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Shikhar Dhawan 363 2 Jonathan Trott 229 3 Kumar Sangakkara 222 4 Rohit Sharma 177 5 Virat Kohli 176 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Ravindra Jadeja 12 2 Mitchell McClenaghan 11 James Anderson 4 Ishant Sharma 10 5 Ryan McLaren 8 Ravichandran Ashwin

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Kampioenetrofee 2013 op ESPNcricinfo

Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Geskiedenis van Wallis Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Wallis 2013 Kategorie:Sport in 2013