Hellbound (Koreaans: 지옥; Hanja: 地獄; RR: Jiok) is 'n Suid-Koreaanse donker fantasiestroomtelevisiereeks geregisseer deur Yeon Sang-ho, gebaseer op sy eie digitale strokiesprent met dieselfde naam. Die reeks is 'n oorspronklike Netflix-vrystelling oor bonatuurlike wesens wat uit die niet verskyn om mense tot die hel te veroordeel, met Yoo Ah-in, Kim Hyun-joo, Park Jeong-min, Won Jin-ah en Yang Ik-june in die hoofrolle.
Die loodsepisode van reeks is op 9 September 2021 by die 2021 Toronto Internasionale Filmfees se Primetime-program vir TV-reekse vertoon. Dit was ook die eerste Koreaanse drama wat tydens die fees vertoon is. Dit is op 19 November 2021 op Netflix vrygestel en het die volgende dag die wêreld se mees gekykte Netflix-reeks geword, wat Squid Game oortref het.
Verwysings
Kategorie:Suid-Koreaanse televisiereekse