Die Kampioenetrofee 2004 (Engels: 2004 ICC Champions Trophy) is van 10 tot 25 September 2004 in Engeland beslis. Dit was die vierde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.
duimnael|links|upright|Die Kampioenetrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2002 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2004 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die assosiaatlede Kenia en die Verenigde State. Tydens die Kampioenetrofee 2004 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Australië, Engeland, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Australië geklop en Wes-Indië vir Pakistan, waardeur Engeland en Wes-Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval het Wes-Indië die gasheer met twee paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel sedert die Krieketwêreldbeker 1979 ingepalm. Die verdedigende medekampioene Indië en Sri Lanka asook Kenia, Suid-Afrika en Zimbabwe is almal reeds in die groepfase uitgeskakel.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Engeland as gasheer vir die Kampioenetrofee 2004 aangewys.
Deelnemers Die destydse tien toetslande het regstreeks vir die Kampioenetrofee 2004 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Kenia en die Verenigde State, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer. Nadat die Verenigde State die IKR Sesnasiesuitdaagtoernooi met ’n beter lopietempo bo Kanada, Namibië, Nederland, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate afgesluit het, het hulle vir hul eerste vername kriekettoernooi gekwalifiseer.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 16 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieVolle ledeVierde20024de plek (2002)Derde20029de plek (2000)Vierde20025de plek (1998)Vierde2002Kampioen (2002)Vierde2002Kampioen (2000)Vierde20023de plek (2000)Vierde2002Kampioen (2002)Vierde2002Kampioen (1998)Vierde2002Naaswenner (1998)Vierde20028ste plek (2000)EDI-statusDerde200210de plek (2000, 2002)Eerste –Debuut
Stadions Tydens die toernooi is drie Engelse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2004 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Birmingham Southampton Londen Edgbaston Rose Bowl The Oval Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 27 500 150px 150px 150px
Formaat Die Kampioenetrofee 2004 is oor 16 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 10 September 2004 op Edgbaston in Birmingham met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op The Oval in Londen op 25 September met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Indië, waartydens Wes-Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofee 2002 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2004 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseSeptemberVr10Sa11So12Mo13Di14Wo15Do16Vr17Sa18So19Groep A | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1
| Groep B
| bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1
|colspan="2" bgcolor=#c364f3| 1 Groep C | | bgcolor=#c364f3| 1
|colspan="2" bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 Groep D |colspan="2" bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1
|colspan="2" bgcolor=#c364f3| 1 |UitklopfaseSeptemberMa20Di21Wo22Do23Vr24Sa25Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep BGroep CGroep D
Groepfase Die Kampioenetrofee 2004 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die wenner van die eerste groep het teen die wenner van die vierde groep en die wenner van die tweede groep het teen die wenner van die derde groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.
Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Groep A Span22004+3.23721102+1.60320200−5.121
Groep B Span22004+1.47121102+1.55220200−3.111
Groep C Span22004+1.41321102+0.94420200−2.747
Groep D Span22004+2.71621102−0.25220200−1.885
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
Kampioenetrofeewenner 2004
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2004.
duimnael|400px|Uitslag van die Kampioenetrofee 2004: RangSpanGroep Finaliste 1 B 4 4 0 0 868 725 +143 — 8 2 D 4 3 0 1 1029 719 +310 — 6 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 3 2 0 1 524 525 –1 — 4 4 C 3 2 0 1 427 426 +1 — 4 In die groepfase uitgeskakel 5 A 2 1 0 1 545 336 +209 +1.603 2 6 B 2 1 0 1 340 342 –2 +1.552 2 7 C 2 1 0 1 490 393 +97 +0.944 2 8 D 2 1 0 1 290 442 –152 −0.252 2 9 D 2 0 0 2 338 494 –156 −1.885 0 10 C 2 0 0 2 286 385 –99 −2.747 0 11 B 2 0 0 2 224 363 –139 −3.111 0 12 A 2 0 0 2 202 413 –211 −5.121 0
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Marcus Trescothick 261 2 Ramnaresh Sarwan 166 3 Nathan Astle 163 4 Paul Collingwood 141 5 Chris Gayle 139 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Andrew Flintoff 9 2 Steve Harmison 8 3 Michael Kasprowicz 7 Chris Gayle 5 Shoaib Akhtar 6 Jacob Oram Jason Gillespie Ian Bradshaw
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Kampioenetrofee 2004 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland 2004 Kategorie:Sport in 2004