Die Kampioenetrofee 2006 (Engels: 2006 ICC Champions Trophy) is van 7 Oktober tot 5 November 2006 in Indië beslis. Dit was die vyfde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

duimnael|links|upright|Die Kampioenetrofee waarom meegeding is Die tien destydse toetskrieketlande het aan die Kampioenetrofee 2006 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Tydens die Kampioenetrofee 2006 is 21 wedstryde gespeel, waaronder ses tydens die kwalifiseringsrondte, twaalf in die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die vier laagste spanne op die EDI-ranglys soos op 1 April 2006 het in die kwalifiseringsrondte gespeel, waarvan die twee beste spanne tot die groepfase gevorder het. Die groepfase het uit twee groepe met vier spanne elk bestaan, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer, wat dit die eerste vername IKR-toernooi sedert die Krieketwêreldbeker 1975 gemaak het, waartydens geen span van die Indiese subkontinent die uitklopfase gehaal het nie. Australië het Nieu-Seeland geklop en Wes-Indië vir Suid-Afrika, waardeur Australië en Wes-Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op die Brabourne-stadion in Mumbai het Australië die verdedigende kampioen Wes-Indië met agt paaltjies (D/L-metode) verslaan en sodoende sy eerste Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999 en 2003 was dit Australië se vierde internasionale kriekettitel. Die gasheer Indië is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer vir die Kampioenetrofee 2006 aangewys.

Deelnemers Die destydse tien toetslande het regstreeks vir die Kampioenetrofee 2006 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Die deelnemende spanne is bepaal volgens die IKR se EDI-ranglys soos op 1 April 2006. Bangladesj het op 23 Maart 2006 die laaste kwalifiserende span geword, nadat hulle Kenia verbygesteek het. Die ses beste spanne op die IKR se EDI-ranglys (Australië, Suid-Afrika, Pakistan, Nieu-Seeland, Indië en Engeland) het regstreeks vir die groepfase gekwalifiseer, terwyl die volgende vier spanne (Sri Lanka, Wes-Indië, Zimbabwe en Bangladesj) in ’n kwalifiseringsrondte moes speel om te bepaal watter twee spanne tot die hooftoernooi vorder. Geen assosiaatlid het aan die toernooi deelgeneem nie.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam tien spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieVolle ledeVyfde20043de plek (2004)Vierde20049de plek (2000)Vyfde2004Naaswenner (2004)Vyfde2004Kampioen (2002)Vyfde2004Kampioen (2000)Vyfde20043de plek (2000)Vyfde2004Kampioen (2002)Vyfde2004Kampioen (1998)Vyfde2004Kampioen (2004)Vyfde20048ste plek (2000)

Stadions Tydens die toernooi is vier Indiese stadions gebruik. Altesaam 21 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2006 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Ahmedabad Jaipur Mohali Mumbai Sardar Patel-stadion Sawai Mansingh-stadion Inderjit Singh Bindra-stadion Brabourne-stadion Kapasiteit: 49 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 26 000 Kapasiteit: 20 000 150px 150px 150px 150px

Formaat Die Kampioenetrofee 2006 is oor 30 dae tussen tien verskillende spanne oor 21 wedstryde beslis. Dit het op 7 Oktober 2006 op die Inderjit Singh Bindra-stadion in Mohali met die kwalifiseringswedstryd tussen Bangladesj en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op die Brabourne-stadion in Mumbai op 5 November met die eindstryd tussen Australië en Wes-Indië, waartydens Australië die Kampioenetrofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2006 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die kwalifiseringsrondte, ’n siaan blokkie die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseOktoberSa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14Kwalifiseringsrondte | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1GroepfaseOktoberSo15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28So29Groep A | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1Groep B | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | |UitklopfaseNovemberMa30Di31Wo1Do2Vr3Sa4So5Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Kwalifiseringsrondte en groepfase Die Kampioenetrofee 2006 is deur tien nasionale krieketspanne beslis. Die ses beste spanne op die EDI-ranglys soos op 1 April 2006 het vir die groepfase gekwalifiseer, terwyl die vier volgende spanne in die kwalifiseringsrondte begin het, waarvandaan die twee beste spanne die groepfase gehaal het. In die kwalifiseringsrondte het die vier spanne een wedstryd elk teen die ander drie spanne gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die groepfase deurgedring.

Die groepfase is deur agt spanne in twee groepe van vier elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die kwalifiseringsrondte.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van agt skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Daryl Harper (Australië) Simon Taufel (Australië) Mark Benson (Engeland) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Asad Rauf (Pakistan) Rudi Koertzen (Suid-Afrika) Steve Bucknor (Wes-Indië)

Wedstrydbeamptes Jeff Crowe (Nieu-Seeland) Ranjan Madugalle (Sri Lanka) Mike Procter (Suid-Afrika) Andy Pycroft (Zimbabwe)

Wedstryde Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die kwalifiseringsrondte, die groep- en die uitklopfase.

Kwalifiseringsrondte Kwalifiseer vir die groepfase.Uit die toernooi geskakel. Die vier laagste spanne op die EDI-ranglys soos op 1 April 2006 het in die kwalifiseringsrondte om die twee oorblywende plekke vir die groepfase gespeel.

Span33006+2.67232104+0.40431202+0.01930300−2.927

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groep A Span32104+0.52932104+0.00931202+0.48231202−1.044

Groep B Span3210+0.76743210+0.57243120−0.19523120−1.1072

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

Kampioenetrofeewenner 2006

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al tien deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2006.

duimnael|400px|Uitslag van die Kampioenetrofee 2006: RangSpanGroep Finaliste 1 A 5 4 0 1 1002 996 +6 — 8 2 A 8 5 0 3 1464 1426 +38 — 10 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B 4 2 0 2 798 687 +11 — 4 4 B 4 2 0 2 840 737 +103 — 4 In die groepfase uitgeskakel 5 A 3 1 0 2 598 601 –3 +0.482 2 6 B 6 4 0 2 1230 1125 +104 — 8 7 A 3 1 0 2 570 568 +2 −1.044 2 8 B 3 1 0 2 567 740 –173 −1.107 2 In die Kwalifiseringsrondte uitgeskakel 9 – 3 1 0 2 657 596 +61 +0.019 2 10 – 3 0 0 3 356 606 +250 −2.927 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Chris Gayle 474 2 Upul Tharanga 320 3 Damien Martyn 241 4 Shivnarine Chanderpaul 222 5 Mahela Jayawardene 188 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Jerome Taylor 13 2 Farveez Maharoof 12 3 Lasith Malinga 11 4 Kyle Mills 10 Glenn McGrath Nathan Bracken

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Kampioenetrofee 2006 op ESPNcricinfo

Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Indië 2006 Kategorie:Sport in 2006