Die Kampioenetrofee (Engels: ICC Champions Trophy) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die EDI-krieketkampioen te bepaal. Dié toernooi is die derde belangrikste en derde bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en die T20I-wêreldbeker in T20Is en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.

duimnael|links|Die Engelse Ian Bell kolf en die Australiër Matthew Wade hou paaltjie tydens die Kampioenetrofee 2013-wedstryd op Edgbaston in Birmingham Tot op hede is nege toernooie beslis met Indië wat dié toernooi drie keer gewen het, gevolg deur Australië met twee titels. Die eerste Kampioenetrofee 1998 in Bangladesj is deur Suid-Afrika gewen, nadat hulle Wes-Indië in die eindstryd op die Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka verslaan het. Die Kampioenetrofee 2000 in Kenia is deur Nieu-Seeland gewen wat Indië in die eindstryd op die Gymkhana Klubveld in Nairobi geklop het. Tydens die Kampioenetrofee 2002 in Sri Lanka het die gasheer die titel met Indië gedeel, nadat die eindstryd twee keer uitgereën het. Tydens die Kampioenetrofee 2004 in Engeland het Wes-Indië met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd verslaan het.

Die Kampioenetrofee 2006 in Indië is deur Australië gewen, nadat hulle die verdedigende kampioen Wes-Indië verslaan het. Die Kampioenetrofee 2009 in Suid-Afrika is deur die verdedigende kampioen Australië gewen, nadat hulle Nieu-Seeland verslaan en sodoende die eerste span geword het om hul titel suksesvol te verdedig. Die Kampioenetrofee 2013 in Engeland en Wallis is deur Indië gewen, nadat hulle die gasheer verslaan en sodoende die tweede span geword het om dié toernooi twee keer te wen. Pakistan het die Kampioenetrofee 2017 ingepalm, nadat hulle in die eindstryd hul aartsvyand Indië kon verslaan en hul eerste Kampioenetrofeetitel ingepalm het. Indië is die huidige kampioen, nadat hulle in die Kampioenetrofee 2025-eindstryd Nieu-Seeland geklop en die eerste span geword het wat hul derde titel kon inpalm.

In die nege kampioenskappe wat al aangebied is, het sewe lande reeds die titel ingepalm. Indië het al ’n rekord van drie keer gewen, gevolg deur Australië met twee titels. Nieu-Seeland, Pakistan, Suid-Afrika, Sri Lanka en Wes-Indië het elk een titel ingepalm. Daarbenewens het Engeland aan al die Kampioenetrofeetoernooie en Bangladesj aan ses toernooie deelgeneem, maar hulle kon dit tot op hede nie wen nie, hoewel Engeland reeds in die 2004- en 2013-eindstryde verskyn het. Daarmee is elke vasteland deur minstens een nasionale span in ’n eindstryd verteenwoordig en behalwe vir die Amerikas het amper elke vasteland ook minstens een Kampioenetrofee gehuisves.

Uitslae JaarGasheerland(e)EindstrydplekEindstrydWennerUitslagNaaswennerDeelnemende lande1998OorsigBangabandhu Nasionale Stadion, Dhaka,Bangladesj248/6 (47 boulbeurte)Suid-Afrika wen met vier paaltjiesTelkaart245 almal uit (49.3 boulbeurte)92000OorsigGymkhana Klubveld, Nairobi,Kenia265/6 (49.4 boulbeurte)Nieu-Seeland wen met vier paaltjiesTelkaart264/6 (50 boulbeurte)112002OorsigR. Premadasa Stadium, Colombo,Sri Lanka244/5 (50 boulbeurte) & 222/7 (50 boulbeurte)14/0 (2 boulbeurte) & 38/1 (8.4 boulbeurte)Indië en Sri Lanka is as medekampioene verklaarTelkaart & TelkaartGeen/Medekampioene122004OorsigThe Oval, Londen,Verenigde Koninkryk218/8 (48.5 boulbeurte)Wes-Indië wen met twee paaltjiesTelkaart217 almal uit (49.4 boulbeurte)122006OorsigBrabourne-stadion, Mumbai,Indië116/2 (28.1 boulbeurte)Australië wen met agt paaltjies (D/L-metode)Telkaart138 almal uit (30.4 boulbeurte)102009OorsigSuperSport-park, Centurion,Suid-Afrika206/4 (45.2 boulbeurte)Australië wen met ses paaltjiesTelkaart200/9 (50 boulbeurte)82013OorsigEdgbaston-krieketveld, Birmingham,Verenigde Koninkryk129/7 (20 boulbeurte)Indië wen met vyf lopiesTelkaart124/8 (20 boulbeurte)82017OorsigThe Oval, Londen,Verenigde Koninkryk338/4 (50 boulbeurte)Pakistan wen met 180 lopiesTelkaart158 almal uit (30.3 boulbeurte)82025OorsigDoebai Int’l Krieketstadion, Doebai,Verenigde Arabiese Emirate254/6 (49 boulbeurte)Indië wen met vier paaltjiesTelkaart251/7 (50 boulbeurte)82029Oorsig8

Statistiek +Verklaring1steWenner2deNaaswenner3de/4deSemifinalisteKKwalifiseer vir volgende toernooi

Span 1998 2000 2002 2004 2006 2009 2013 2017 2025 2029 Deelnames 5de 1 8ste 5de 4de 3de 1ste 1ste 7de 7de 4de 9 9de 11de 11de 9de 4de 6de 6 5de 7de 6de 2de 7de 4de 2de 3de 8ste 9 3de 2de 1ste* 7de 5de 5de 1ste 2de 1ste K 9 10de 10de 10de 3 12de 1 7de 1ste 8ste 5de 3de 2de 5de 8ste 2de 9 6de 3de 5de 4de 8ste 3de 8ste 1ste 7de 9 1ste 4de 3de 6de 4de 7de 4de 5de 3de 9 4de 6de 1ste* 8ste 6de 6de 3de 6de 8 12de 1 2de 11de 7de 1ste 2de 8ste 6de 7 9de 8ste 9de 9de 10de 5 Deelnemers 9 11 12 12 10 8 8 8 8 8

Eerste deelnames JaarSpanne1998, , , , , , , en 2000 en 200220042006geen2009geen2013geen2017geen20252029

Sien ook Krieketwêreldbeker, vir EDI-krieket o/19-krieketwêreldbeker, vir juniorspelers T20I-wêreldbeker, vir T20I-krieket Wêreldtoetskampioenskap, vir toetskrieket

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Kampioenetrofee 2025 Die IKR se amptelike webwerf