Die Kampioenetrofee 2002 (Engels: 2002 ICC Champions Trophy) is van 12 tot 30 September 2002 in Sri Lanka beslis. Dit was die derde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die Asiatiese Bekertoernooie in 1986 en 1997 die derde vername kriekettoernooi geheel en al in Sri Lanka. Die land was voorheen een van die medegashere tydens die Krieketwêreldbeker 1996, saam met Indië en Pakistan.

duimnael|links|upright|Die Kampioenetrofee waarom meegeding is Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2002 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die assosiaatlede Kenia en Nederland. Tydens die Kampioenetrofee 2002 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Suid-Afrika geklop en Sri Lanka vir Australië, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne in die eindstryd ontmoet het. Nadat die eindstryd twee keer uitgereën het, het Indië en Sri Lanka die titel gedeel. Kenia, Zimbabwe en die verdedigende kampioen Nieu-Seeland is almal reeds in die groepfase uitgeskakel.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Sri Lanka as gasheer vir die Kampioenetrofee 2002 aangewys. Dit was die eerste keer dat al die destydse volle lede van die IKR Sri Lanka vir ’n toernooi besoek het en ná die Asiatiese Bekertoernooie in 1986 en 1997 die derde vername kriekettoernooi wat geheel en al in Sri Lanka beslis is. Voorheen was Sri Lanka een van die medegashere tydens die Krieketwêreldbeker 1996.

Deelnemers Die destydse tien toetslande het vir die Kampioenetrofee 2002 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Kenia en Nederland, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam twaalf spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieVolle ledeDerde20005de plek (2000)Tweede20009de plek (2000)Derde20005de plek (1998)Derde2000Naaswenner (2000)Derde2000Kampioen (2000)Derde20003de plek (2000)Derde20004de plek (1998)Derde2000Kampioen (1998)Derde2000Naaswenner (1998)Derde20008ste plek (2000)EDI-statusTweede200010de plek (2000)Eerste –Debuut

Stadions Tydens die toernooi is twee Sri Lankaanse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2002 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Colombo R. Premadasa-stadion Singhalese Sportklubkrieketveld Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 10 000 150px 150px

Formaat Die Kampioenetrofee 2002 is oor 19 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 12 September 2002 op R. Premadasa-stadion in Colombo met die openingswedstryd tussen die gasheer Sri Lanka en Pakistan begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 30 September met die eindstryd tussen Indië en Sri Lanka wat twee keer uitgereën is, waarna albei spanne die Kampioenetrofee gedeel het.

Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2002 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseSeptemberDo12Vr13Sa14So15Mo16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Mo23Groep 1

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 Groep 2

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | Groep 3 | | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1

| Groep 4 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | |UitklopfaseSeptemberDi24Wo25Do26Vr27Sa28So29Mo30Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1 | |colspan="2" bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep 1Groep 2Groep 3Groep 4

Groepfase Die Kampioenetrofee 2002 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die wenner van die eerste groep het teen die wenner van die vierde groep en die wenner van die tweede groep het teen die wenner van die derde groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.

Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groep 1 Span22008+3.46121104+0.03020200−3.275

Groep 2 Span22008+0.81621104+0.40120200−1.125

Groep 3 Span22008+1.85621104+0.20220200−2.050

Groep 4 Span22008+2.86121104+1.24520200−4.323

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

Kampioenetrofeewenner 2002 &

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2002.

duimnael|400px|Uitslag van die Kampioenetrofee 2002: RangSpanGroep Finaliste 1 2 4 3 1 0 872 1260 –388 — 14 1 4 4 3 1 0 1122 500 +622 — 14 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 1 3 2 0 1 591 424 +167 — 8 4 3 3 2 0 1 809 359 +450 — 8 In die groepfase uitgeskakel 5 4 2 1 0 1 342 337 +5 +1.245 4 6 2 2 1 0 1 567 461 +106 +0.401 4 7 3 2 1 0 1 499 474 +25 +0.202 4 8 1 2 1 0 1 376 373 +3 +0.030 4 9 2 2 0 0 2 464 586 –122 −1.125 0 10 3 2 0 0 2 372 577 –205 −2.050 0 11 1 2 0 0 2 206 377 –171 −3.275 0 12 4 2 0 0 2 222 434 –212 −4.323 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Virender Sehwag 271 2 Sanath Jayasuriya 254 3 Herschelle Gibbs 240 4 Marvan Atapattu 204 5 Andy Flower 189 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Muthiah Muralidaran 10 2 Glenn McGrath 8 Douglas Hondo Zaheer Khan 5 Shane Bond 6 Mervyn Dillon Harbhajan Singh

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Kampioenetrofee 2002 op ESPNcricinfo

Kategorie:Geskiedenis van Sri Lanka Kategorie:Krieketkompetisies in Sri Lanka 2002 Kategorie:Sport in 2002