Die Kampioenetrofee 1998 (Engels: 1998 ICC KnockOut Trophy) is van 24 Oktober tot 1 November 1998 in Bangladesj beslis. Dit was die eerste Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die Asiatiese Beker 1988 die tweede vername kriekettoernooi in Bangladesj. Destyds is na dié toernooi as die Uitkloptrofee 1998 (KnockOut Trophy 1998) verwys, maar sedert die 2002-toernooi staan dit as Kampioenetrofee bekend. Die Kampioenetrofee 1998 is deur die Indiese konglomeraatmaatskappy ITC Beperk geborg en staan dus amptelik bekend as die Wills Internasionale Beker 1998 (Wills International Cup), genoem na dié maatskappy se sigarethandelsmerk Wills Navy Cut. Die toernooi is oorspronklik geskoei op FIFA se Sokker-Konfederasiebeker, waar die beste spanne van hul onderskeie konfederasies teen mekaar meeding, maar in hierdie geval het die beste spanne van die IKR EDI-Kampioenskap teen mekaar meegeding. Die IKR het die kort kriekettoernooi van stapel gestuur om fondse in te samel vir die ontwikkeling van die spel in nietoetsspelende lande.

Die destydse nege toetskrieketlande het aan die Kampioenetrofee 1998 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Aangesien die toernooi net uit die uitklopfase bestaan het moes die twee laagste spanne in die EDI-ranglys om die agtste plek speel. Vervolgens het Nieu-Seeland teen Zimbabwe in die voorwedstryd gespeel. Nieu-Seeland het Zimbabwe met vyf paaltjies verslaan en sodoende sy plek in die kwarteindrondte bespreek. Al die agt wedstryde is op die Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka gespeel. Die toekomstige toetsland en gasheer Bangladesj het egter nie aan dié toernooi deelgeneem nie. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

In die eindstryd het Suid-Afrika Wes-Indië met vier paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Bangladesj as gasheer vir die Kampioenetrofee 1998 aangewys ten einde krieket te bevorder in dié land. Bangladesj het nie aan dié toernooi deelgeneem nie aangesien hulle destyds geen toetsland was nie, hoewel hulle die IKR-trofee 1997 gewen en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer het. Een van die ergste oorstromings in die streek het die toernooi ernstig bedreig. Die toernooi het egter voortgegaan en die Bengaalse Krieketbeheerraad het belowe om 10% van die hekgeld aan die eerste minister se fonds vir vloedverligting te skenk. Ná die Asiatiese Beker 1988 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Bangladesj beslis is.

Deelnemers Die destydse nege toetslande het regstreeks vir die Kampioenetrofee 1998 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Geen assosiaatlid het aan die toernooi deelgeneem nie.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam nege spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVorige beste prestasieVolle ledeDebuutDebuutDebuutDebuutDebuutDebuutDebuutDebuutDebuut

Stadion Die Kampioenetrofee 1998 is op die Bengaalse Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka gespeel. Altesaam agt wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 1998 gespeel, waaronder die voorwedstryd en die uitklopfase.

Dhaka Bangabandhu Nasionale Stadion Kapasiteit: 36 000 150px

Formaat Die Kampioenetrofee 1998 is oor nege dae tussen nege verskillende spanne oor agt wedstryde beslis. Dit het op 24 Oktober 1998 op Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka met die voorwedstryd tussen Nieu-Seeland en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 1 November met die eindstryd tussen Suid-Afrika en Wes-Indië, waartydens die Proteas die Kampioenetrofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 1998 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op die voorwedstryd, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiUitklopfaseOktober/NovemberSa24So25Ma26Di27Wo28Do29Vr30Sa31So1Uitklopfase | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Voorwedstryd Die voorwedstryd tussen Nieu-Seeland en Zimbabwe was die enigste wedstryd voor die uitklopfase om te bepaal watter van die twee spanne na die uitklopfase deurdring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner van die voorwedstryd het na die uitklopfase deurgedring, terwyl al die ander toetslande die toernooi in die kwarteindrondte begin het. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.

Spanne Al die destydse nege toetslande het aan die toernooi deelgeneem. Elke land het ’n voorlopige span van 30 spelers gekies, wat dan een maand voor die begin van die toernooi tot 14 verminder is.

Wedstryde Die Kampioenetrofee 1998 het hoofsaaklik uit die uitklopfase bestaan en al die destydse toetslande het daaraan deelgeneem. Dus kon nege spanne aan die toernooi deelneem wat beteken het dat twee spanne in ’n voorwedstryd moes speel om die laaste van die agt spanne te bepaal. Aanvanklik is aangekondig dat die nege spanne volgens die Krieketwêreldbeker 1996 se plasings gerangskik sou word. Die trekking wat uiteindelik vrygestel is, was egter aangepas ten gunste van sommige van die spanne met ’n groter aanhangerskap, waarvolgens Nieu-Seeland teen Zimbabwe gespeel het om te bepaal watter span die uitklopfase haal.

Voorwedstryd

Uitklopfase

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Eindstryd

Kampioenetrofeewenner 1998

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al nege deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 1998.

duimnael|400px|Uitslag van die Kampioenetrofee 1998: RangSpanGroep Finaliste 1 — 3 3 0 0 771 658 +113 — — 2 — 3 2 0 1 779 749 +30 — — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 — 2 1 0 1 549 508 +41 — — 4 — 2 1 0 1 323 428 –105 — — In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 — 1 0 0 1 281 283 –2 — — 6 — 1 0 0 1 259 289 –30 — — 7 — 2 1 0 1 448 449 –1 — — 8 — 1 0 0 1 263 307 –44 — — In die voorwedstryd uitgeskakel 9 — 1 0 0 1 258 260 –2 — —

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Philo Wallace 221 2 Jacques Kallis 164 3 Shivnarine Chanderpaul 150 4 Sachin Tendulkar 149 5 Hansie Cronjé 148 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Jacques Kallis 8 2 Sachin Tendulkar 6 Mervyn Dillon 4 Keith Arthurton 4 Steve Elworthy Muthiah Muralidaran Hansie Cronjé Geoff Allott Pat Symcox

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Kampioenetrofee 1998 op ESPNcricinfo

Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Krieketkompetisies in Bangladesj 1998 Kategorie:Sport in 1998