Die Kampioenetrofee 2000 (Engels: 2000 ICC KnockOut Trophy) is van 3 tot 15 Oktober 2000 in Kenia beslis. Dit was die tweede Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die IKR-trofee 1994 die tweede vername kriekettoernooi in Kenia. Destyds is na dié toernooi as die Uitkloptrofee 2000 (KnockOut Trophy 2000) verwys, maar sedert die 2002-toernooi staan dit as Kampioenetrofee bekend.
duimnael|links|upright|Die Uitkloptrofee waarom meegeding is Elf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2000 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die voorste assosiaatlid Bangladesj en die gasheer Kenia. Aangesien die toernooi net uit die uitklopfase bestaan het, moes die ses laagste spanne in die ranglys om die oorblywende drie plekke speel. Vervolgens het in die voorwedstryde Kenia teen Indië, Sri Lanka teen Wes-Indië en Bangladesj teen Engeland gespeel. Indië, Sri Lanka en Engeland het hul onderskeidelike wedstryde gewen en en sodoende hul plekke in die kwarteindrondte bespreek. Al die tien wedstryde is op die Gymkhana Klubveld in Nairobi gespeel. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Die vyf beste spanne van die Krieketwêreldbeker 1999 het regstreeks tot die uitklopfase gevorder, terwyl die ses laagste spanne van die 1999-toernooi in die voorwedstryde om die laaste drie plekke vir die uitklopfase moes speel. Vervolgens het Australië, Pakistan, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Zimbabwe regstreeks die uitklopfase gehaal, terwyl Indië, Sri Lanka en Engeland tot die uitklopfase gevorder het nadat hulle in hul onderskeidelike voorwedstryd onderskeidelik Kenia, Wes-Indië en Bangladesj geklop het. In die eindstryd het Nieu-Seeland Indië met vier paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika is in die halfeindrondte uitgeskakel.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Kenia as gasheer vir die Kampioenetrofee 2000 aangewys ten einde krieket te bevorder in dié land. Dit was ná die IKR-trofee 1994 die tweede vername kriekettoernooi wat geheel en al in Kenia beslis is.
Deelnemers Die destydse nege toetslande het vir die Kampioenetrofee 2000 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Bangladesj en Kenia, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam elf spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieVolle ledeTweede19988ste plek (1998)Tweede19985de plek (1998)Tweede19983de plek (1998)Tweede19987de plek (1998)Tweede19986de plek (1998)Tweede19984de plek (1998)Tweede1998Kampioen (1998)Tweede1998Naaswenner (1998)Tweede19989de plek (1998)EDI-statusEerste –DebuutEerste –Debuut
Stadion Die Kampioenetrofee 2000 is op die Keniaanse Gymkhana Klubveld in Nairobi gespeel. Altesaam tien wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2000 gespeel, waaronder die drie voorwedstryde en die uitklopfase.
Nairobi Gymkhana Klubveld Kapasiteit: 7 000
Formaat Die Kampioenetrofee 2000 is oor 13 dae tussen elf verskillende spanne oor tien wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 2000 op Gymkhana Klubveld in Nairobi met die voorwedstryd tussen die gasheer Kenia en Indië begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 15 Oktober met die eindstryd tussen Indië en Nieu-Seeland, waartydens die Black Caps die Kampioenetrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2000 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op die voorwedstryd, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiUitklopfaseOktoberDi3Wo4Do5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Uitklopfase | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Voorwedstryd Die voorwedstryde tussen onderskeidelik Kenia en Indië, Sri Lanka en Wes-Indië asook Bangladesj en Engeland was die enigste wedstryde voor die uitklopfase om te bepaal watter van die ses spanne na die uitklopfase deurdring.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenners van die voorwedstryde het na die uitklopfase deurgedring, terwyl al die ander toetslande die toernooi in die kwarteindrondte begin het. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.
Wedstryde Die Kampioenetrofee 2000 het hoofsaaklik uit die uitklopfase bestaan en al die destydse toetslande saam met die voorste assosiaatlid Bangladesj en die gasheer Kenia het daaraan deelgeneem. Dus kon elf spanne aan die toernooi deelneem wat beteken het dat ses spanne in ’n voorwedstryd moes speel om die laaste agt spanne te bepaal. Die voorwedstryde is tussen die ses laagste spanne van die Krieketwêreldbeker 1999 beslis, terwyl die vyf beste spanne van die 1999-toernooi regstreeks tot die uitklopfase gevorder het.
Voorwedstryde
Uitklopfase
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Eindstryd
Kampioenetrofeewenner 2000
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al elf deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2000.
duimnael|400px|Uitslag van die Kampioenetrofee 2000: RangSpanGroep Finaliste 1 — 3 3 0 0 785 717 +68 — — 2 — 4 3 0 1 1033 918 +115 — — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 — 2 1 0 1 447 449 –2 — — 4 — 2 1 0 1 384 477 –93 — — In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 — 1 0 0 1 245 265 –20 — — 6 — 1 0 0 1 182 184 –2 — — 7 — 2 1 0 1 481 374 +107 — — 8 — 1 0 0 1 201 265 –64 — — In die voorwedstryde uitgeskakel 9 — 1 0 0 1 179 287 –108 — — 10 — 1 0 0 1 208 209 –1 — — 11 — 1 0 0 1 232 236 –4 — —
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Sourav Ganguly 348 2 Saeed Anwar 209 3 Roger Twose 203 4 Sachin Tendulkar 171 5 Rahul Dravid 157 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Venkatesh Prasad 8 2 Azhar Mahmood 7 Zaheer Khan 4 Anil Kumble 6 5 Shayne O’Connor 5 Nathan Astle
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Kampioenetrofee 2000 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Kenia Kategorie:Krieketkompetisies in Kenia 2000 Kategorie:Sport in 2000