Nianell (gebore 1971 as Sonia Nel) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer wat in Omaruru in Namibië gebore is. Sy het internasionale bekendheid verwerf met treffers soos "Who Painted The Moon" en "Angel tongue". Van haar Afrikaanse treffers sluit in Magaliesburgse Aandlied en Sal jy onthou.
Haar liedjie, I Hold the Sun and the Moon in my Hands is benoem vir die 2010 Liedjie van die Jaar by die LA Music Awards.Nianell gaan Hollywood toe, Nuus24, besoek op 27 Junie 2010.
Nianell se suster, Riana Nel is ook 'n sangeres in eie reg, maar fokus meer op geestelike musiek.
Diskografie Who painted the moon, 2002 (CD) Angel tongue, 2004 (CD) Life's gift, 2006 (CD) As one, 2007 (Lewendige opname, konsert by Emperor's Palace) I know I'm lucky, 2008 (CD) It Takes Two (saam met Dozi), 2009 (CD en DVD) Sand & Water (2010) My Heart (2012)
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Eksterne skakels Nianell se amptelike webwerf
Kategorie:Geboortes in 1971 Nianell Kategorie:Lewende mense