duimnael|regs|400px|Geweste en departemente van metropolitaanse Frankryk tot 2015.
Frankryk was sedert 1956 tot 2015 in 27 geweste (Frans: régions) verdeel, waarvan 22 geweste in die Europese deel van Frankryk (régions métropolitaines – metropolitaanse geweste) Korsika is eintlik 'n collectivité métropolitaine – metropolitaanse eenheid. en 5 oorsese geweste (régions d'outre-mer) was.Die oorsese geweste het die status van departement en lê buite Europa.Mayotte het in 2011 'n oorsese gewes geword wat die aantal oorsese geweste na 5 en die totale aantal geweste na 27 laat styg het. Die geweste is die hoogste vlak van gebiedsverdeling in die Franse Republiek en word verder in departemente (Frans: départements) onderverdeel. Franse geweste vorm ook min of meer natuurlike geografies gebiede en het oor die algemeen 'n eie kulturele en sosiale identiteit. Baie van die moderne geweste kom ooreen en dra die naam van die historiese Franse provinsies.
Hervorming en samesmelting van geweste Die aantal geweste is amptelik op 1 Januarie 2016 tot 18 verminder, nadat 'n aantal geweste in die Europese deel saamgesmelt het.La carte à 13 régions définitivement adoptée, Le Monde, 17 Desember 2014.
duimnael|regs|400px|Geweste van Frankryk sedert 2016.
Geweste wat saamgesmelt het Vorige geweste Nuwe geweste Boergondië Boergondië-Franche-Comté Franche-Comté Akwitanië Nieu-Akwitanië Limousin Poitou-Charentes Basse-Normandie Normandië Haute-Normandie Elsas Grand Est Champagne-Ardenne Lotaringe Languedoc-Roussillon Oksitanië Midi-Pyrénées Nord-Pas-de-Calais Hauts-de-France Pikardië Auvergne Auvergne-Rhône-Alpes Rhône-Alpes
Geweste wat onveranderd gebly het Bretagne Centre-Val de Loire Korsika Île-de-France Pays de la Loire Provence-Alpes-Côte d'Azur
Verwysings
Kategorie:Geografie van Frankryk