Aude (11) (Oksitaans Aude) is 'n Franse département van die gewes Oksitanië wat vernoem is na die rivier Aude.Fiche de l'Aude op die webwerf van SANDRE. Die département is in die suide van Frankryk geleë en die hoofstad daarvan is Carcassonne, beroemd vir sy sitadel, 'n middeleeuse vesting met dubbele stadsmure wat goed bewaar is. Aude beskik oor 'n verskeidenheid landskappe en het 'n ryk kulturele erfenis wat groeiende toerisme ondersteun.
Verwysings
Eksterne Skakels Die webwerf van die Prefektuur france-pub.com/Aude (département)
Kategorie:Departemente in Oksitanië