Die Cité de Carcassonne is 'n middeleeuse bouwerk in die stad Carcassonne in die department Aude in die suide van Frankryk. Dit is geleë op die regteroewer van die Auderivier, in die suidooste van die hedendaagse stad. Die middeleeuse sitadel, waarvan die oorsprong terugdateer na Gallo-Romeinse tye, se bekendheid is te danke aan die dubbele stadsmuur van byna 3 km met twee-en-vyftig torings wat op skouspelagtige wyse oor die Audevallei uittroon. Die Cité sluit ook 'n graaflike kasteel (die château comtal) en 'n basiliek (die basilique Saint-Nazaire) in.
Nadat dit van vernietiging gered is, is dit in die 19de eeu, op soms omstrede wyse, gerestoureer onder leiding van Eugène Viollet-le-Duc. Die Cité de Carcassonne is in 1997 deur UNESCO aangewys as 'n wêrelderfenisgebied. Die graaflike kasteel, die versterkings, die dwingels (lices)Ruimte tussen die binneste en buinste stadsmure van die Cité en hulle torings behoort aan die staat en word bestuur deur die sentrum vir nasionale monumente van Frankryk, terwyl die res van die Cité deel van die munisipale owerheid se eiendom is.
Geografiese ligging duimnael|links|200px|Skets deur Eugène Viollet-le-Duc wat die ligging van die Cité aan dui
Die Cité de Carcassonne is geleë op die regteroewer van die Aude en kyk uit oor die stad Carcassonne wat wes daarvan lê. Die stad bevind hom tussen die Montagne Noire en die Pireneë op die hoofroete tussen die Middellandse See en die Atlantiese Oseaan. Die teenwoordigheid van die twee bergreekse vorm 'n gang waarna gereeld deur klimatoloë verwys word in terme van die wind wat daardeur waai. Die ligging is tewens 'n strategiese plek in die suide van Frankryk waarvandaan die hoofkommunikasie roetes gemonitor kan word: in die noorde die Montagne Noire, in die suide die Corbières, in die weste die Lauragaisvlakte en in die ooste die wynbou vlakte langs die Middellandse See.
Die Cité is gebou bo aan 'n klein plato wat gevorm is deur die wyer wording van die Aude op 'n hoogte van ongeveer 150 meter bo die vallei van die ville basse (onderste stad).Jean-Pierre Panouillé, Carcassonne, histoire et architecture, Ouest-France, 1999, , p. 2 Die eerste stadsmuur is deur die Wesgote gebou volgens induikings in die terrein. Die plato, wat los staan van die Corbières van die commune Palaja teen 260 m hoog, gaan deur die Cité op 148 m en eindig in die Aude op 100 m.Joseph Poux, La Cité de Carcassonne, précis historique, archéologique et descriptif, Éditions Privat, 1923, p. 31 Aan die weste kant is die helling styl genoeg om moeilike toegang aan aanvallers te bied. In die Ooste is die helling minder styl en laat dit toegang aan handelaars toe, maar ook aan aanvallers. Die belangrikste verdedigingsmeganismes word dus ook aan dié kant van die Cité aangetref.
2500 jaar se geskiedenis Die Cité was opeenvolgend 'n protohistoriese terrein, 'n Gallo-Romeinse sitadel, 'n Wesgotiese vesting, 'n hertogdom, daarna die setel van 'n burggraaf, en uiteindelik 'n koninklike sénéchaussée.In Frankryk voor die Franse Rewolusie is die terme bailliage en sénéchaussée gebruik om na 'n gebiedsentiteit met eie administrasie, finansies en reg te verwys. Die term bailliage is meer gereeld in die Noorde van Frankryk gebruik terwyl sénéchaussée in die suide, veral in die Languedoc, en in Bretagne gebruik. Dit kom tot 'n mate ooreen met die Engelse term Bailiwick en die Nederlandse Ambacht en kan vergelyk word met 'n landdrosdistrik in Afrikaans. Daar word van elkeen van die stappe tussen die Romeinse tydperk en die einde van die Middeleeue getuig in die geboue waaruit die Cité bestaan.
Van die Gallo-Romeinse tydperk tot die Wesgote Die oorblyfsels van 'n versterkte oppidum, oppidum CarcasoJean-Pierre Panouillé, La Cité de Carcassonne, coll. « Itinéraires du patrimoine », éditions du patrimoine, 2001, , p. 2. 'n Ander oppidum geleë 2 km vanaf die oppidum Carcaso, het ook 'n invloed op dié van Carcassonne uitgeoefen. naby die hedendaagse ligging van die Cité, is deur argeoloë ontdek. Die plek was reeds 'n belangrike handelsentrum soos getuig uit die keramiekskerwe in die styl van Kampanië (streek in Italië) en amfora. In ongeveer die 3de eeu v.C. het die Volques Tectosages besit geneem van die gebiedJean-Pierre Panouillé, Carcassonne, histoire et architecture, p. 7 en die oppidum van Carcasso as vesting versterk. Plinius die Ouere noem die oppidum in sy geskrifte onder die naam Carcaso Volcarum Tectosage.François de Lannoy, La Cité de Carcassonne, Ed. Heimdal, 2004, , p.4 cite le texte de Pline l'ancien, Historia naturalis Hulle het toe reeds goud gedelf in die myn van Salsigne vir offerandes aan hulle god.
In 122 v.C. het die Romeinemeer spesifiek die konsul van Domitius Ahenobarbus, Jean-Pierre Panouillé, Carcassonne, histoire et architecture, p. 10 die gebied vreedsaam geannekseer en geïtegreer in die Gallia Narbonensis wat in 118 v.C. geskep is. Die Romeine was reeds vir tweehonderd jaar bekend met die gebied deur hulle handelaars se omswerwing in die gebied.Joseph Poux, La Cité de Carcassonne, précis historique, archéologique et descriptif, p. 12 Onder die Pax Romana het die klein Gallo-Romeinse sitadel van Carcaso, die hoof nedersetting van die kolonie Julia Carcaso geword, wat sonder twyfel te danke aan wynbou en sy ligging langs die vervoer roetes floreer het: dit is geleë langs die Romeinse heerweg wat van Narbonne na Toulouse gestrek terwyl platbodembote op die AtaxNaam van die rivier Aude in die Romeinse tydperk aan die voet van die oppidum gevaar het. Laasgenoemde is uitgebrei deur afdamming van die strate en stegies volgens 'n reghoekige plan. Maar, die Cité het geen openbare terrein gehad nie nog 'n monument aan 'n kultus. Verder het daar aan die voet van die oppidum 'n agglomerasie langs die Romeinse pad ontstaan.François de Lannoy, La Cité de Carcassonne, p.4
In die 3de eeu was die stad, soos die res van die Romeinse Ryk onderworpe aan verskeie aanvalle deur die sogenaamde Barbare wat die inwoners genoodsaak het om hulle te beskerm deur 'n eerste reeks Gallo-Romeinse vestingmure. In 333 n.C. noem die teksL'itinéraire Hiérosolymitain d'après Joseph Poux, La Cité de Carcassonne, précis historique, archéologique et descriptif, p. 13 van 'n pelgrim die castellum van Carcassonne. Hierdie vestingmure is steeds sigbare in sekere dele van die stadsmure en dien as basis vir die hedendaagse stadsmuur.hierdie eerste vestingwerk word beskryf in: Jean Guilaine en Daniel Fabre, Histoire de Carcassonne, éditions Privat, , p. 35 Die torings Marquière, Samson en Moulin d'Avar is gedeeltelik ongeskonde dele van die primitiewe stadsmure. situe l'enceinte romaine de la ville de Carcaso Hierdie mure het die Cité van aanvallers beskerm en ter selfde tyd toegangsbeheer oor die romeinse pad benede dit toegelaat.
Omstreeks die 5de eeu Die datum word verskillend deur verskillende bronne aangegee: Jean Guilaine et Daniel Fabre, Histoire de Carcassonne, p. 39 gee die datum aan as 462 het die Wesgote, een van die Germaanse stamme, beheer oor van Languedoc bewerkstellig, nadat hulle vir lank in Italië vertoef het. Die versterkte Cité het 'n grensstad aan die noordekant van hulle koninkryk geword, waarskynlik te danke aan die oorwinning van Ataulphe tydens sy opmars na Toulouse.Joseph Poux, La Cité de Carcassonne, précis historique, archéologique et descriptif, p. 14 Die Cité het geleidelik 'n relatiewe stand van vrede bereik tot met die heerskappy van Alarik II, soos getuig in 'n groot aantal muntstukke wat die Wesgotiese monarge van die tydperk uitbeeld. In 507 is die Wesgote deur die Franke uit Akwwitanië verdryf maar hulle het daarin gelaag om Septimanië te behou wat die Cité de Carcassonne ingesluit het. In 508 het Clovis 'n onsuksesvolle aanval teen die Wesgote geloods om die Cité de Carcassonne te bekomJean-Pierre Panouillé, Carcassonne, histoire et architecture, p. 13.soos genoem in die geskrifte van Procope de Césarée In 585 het 'n nuwe aanval deur Guntram, koning van die Franke in Boergondië sukses behaal. Maar, die Wesgote het die Cité kort daarna herower en die heerser daarvan gebly tot 713. In die loop van die 6de eeu is Carcassonne saam met Agde en Maguelonne beleër. 'n Wesgotiese katedraal, waarvan die ligging nie bekend is nie, is opgerig.
In 725 het Wali Ambisa Carcassonne ingeneem nadat die Wesgotiese koninkryk van Spanje deur die More verower is. Die Cité het in die hande van die More geblyDit is na Karkashuna herdoop tot 752, die datum waarop die More deur die Franke onder Pepyn die Korte verdryf is. Dit is dié voorval wat aanleiding gegee het tot die Legende van die Dame van Carcas.
Die feodale tydperk
duimnael|regs|200px|Pous Innocentius III, wat die Albigensiese Kruistog in 1208 van stapel gestuur het
Die aanvang van die deodale tydperk het gepaardgegaan met die uitbreiding van die stad en sy versterkings. Dit word ook gekenmerk deur die bou van die katedraal vanaf 1096 en die kasteel bouwerk in die 12de eeu. Die graaflike kasteel (château comtal) het bestaan uit twee hoofgeboue waaraan daar in 1150 'n kapel toegevoeg is wat die kasteel 'n U-vorm om die binnehof gegee het. Vanaf 1240 is 'n tweede verdieping aan die kasteel aangebring.
Dit was ook die tydperk van die grawe van Carcassonne. Die eerste graaf wat deur die Karolingers aangestel was, was Bellon wat Oliba II opgevolg is. Die pligte van die graaf het die administrasie van die omgewing as graafskap van die Karolingiese Ryk behels. In die 9de eeu, het die latynse frase Cité de Carcassonne gereeld in die tekste en verdar van amptenare verskyn.Joseph Poux, La Cité de Carcassonne, précis historique, archéologique et descriptif, p. 19 In 1082 het die familie Trencavel besit van die stad oorgeneem, tot die verleentheid van die Huis van Barcelona wat die regmatige eienaars was het hulle 'n uitgestrekte gebied wat geloop het van Carcassonne tot by Nîmes geannekseer.Jean Guilaine et Daniel Fabre, Histoire de Carcassonne, p. 46
Onder Bernard Aton IV Trencavel, Burggraaf van Albi, Nîmes en Béziers, het die stad vooruitgang gemaak en is talle konstruksieprojekte geloods. Dit is ook in hierdie tydperk wat 'n nuwe geloof, die Katarisme, vastrap plek gekry het in die Languedoc. Die burggraaf van Trencavel het in 1096 toestemming verleen vir die bou van die basiliek Saint-Nazaire waarvan die materiaal deur die Pous Urbanus II geseën is. In 1107 het die Carcassonnais die susereiniteit van Bernard Aton, wat belowe het dat hy die Cité aan sy oorspronklike eienaar Raymond Berengarius III van Barcelona sou terugbesorg, verwerpJean Guilaine en Daniel Fabre, Histoire de Carcassonne, p. 47 en het hulle beroep gedoen op die Graaf van Barcelona om hom te verjaag. Maar, met die ondersteuning van Bertrand van Tripoli, Graaf van Toulouse, het Bernard Aton beheer oor die Cité herstel. In 1120 het die Carcassonnais weereens gerebelleer. Bernard Aton het egter na 'n paar jaar die orde herstel. In 1130 het hy die konstruksie van die château comtal (graaflike kasteel) beveel, aangedui onder die term palatium – dus 'n paltsNom Cité par le Site du ministère de la culture – asook die herstel van die Gallo-Romeinse stadsmure. Dus is die Cité de Carcassonne omring deur sy eerste algehele vestingwerk.
In die tydperk was die stad ryk en het die bevolking tussen 3 000 en 4 000 inwoners bedraHierdie syfer is 'n skatting uit La Cité de Carcassonne, éditions du patrimoine, p. 11 ingesluit die inwoners van die twee burge wat onder die stadsmure ontstaan het: die burg Saint-Vincent geleë aan die noordekant en die burg Saint-Michel wat suid van die Narbonne Poort geleë was. Die stad het in 1192 'n konsulaat gekry wat bestaan het uit die notables en die bourgeois, gelas met die administrasie van die stad, later in 1229 is 'n charte coutumière (gewoonteregboek) saamgestel.