Adrianus III was die 109de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Adrianus III is nes sy voorgangers Pous Adrianus I en Pous Adrianus II gebore in die familie van die Colonna in Rome, die seun van Benedictus. Op 17 Mei 884 volg hy Pous Marinus I op en regeer tot sy dood op 7 September 885. Hy word opgevolg deur Pous Stefanus V. Sy sterfdatum is nie met sekerheid bekend nie, maar Pous Leo XIII het dit op 7 September vasgestel. Die naam ‘Adrianus’ beteken 'inwoner van Adrië'.
Pontifikaat Pous Adrianus III het baie kort regeer gedurende moeilike jare. Hy is dood in San Cesario sul Panaro (Modena) op reis na Worms in Duitsland. Hy was op pad na 'n ryksdag met keiser Karel III, die Dikke om Karel se opvolging te bespreek asook die steeds groeiende mag van die Sarasene.
Verering Pous Adrianus III word vereer as 'n heilige in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 8 Julie.
Bibliografie Davis, R. (1995). The Lives of the Ninth-Century Popes from A.D. 817 – 891 (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Adrianus III Adrianus III Adrianus III