Bakgat! is 'n Afrikaanse rolprent wat op 11 April 2008 vrygestel is. Die regisseur was Henk Pretorius. Die rolprent het Engelse onderskrifte om dit vir 'n wyer gehoor toeganklik te maak. Die ouderdomsperk is 13 (seks en taal).

Genre Komedie

Hoofrolspelers Cherie van der Merwe as Katrien Swanepoel Ivan Botha as Wimpie Koekemoer Neil Sharim as Japie Andrew Thompson as Fanie Kaz McFadden as die Cheetah slagoffer Lelia Etsebeth as Liezl du Plessis

Storielyn Die fliek begin met Wimpie Koekemoer wat droom om eendag populêr te wees. Sy droom word onverwags waar as Katrien Swanepoel deur haar kêrel afgesê word en sy onderneem om die skool se grootste "geek" in 'n eerste-span rugbyspeler te verander.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Eksterne skakels Bakgat fliek se webwerf Leon se Fliekrubriek

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente