Ouma se slim kind is 'n Afrikaanse rolprent wat op 11 Mei 2007 vrygestel is. Die regisseur was Gustav Kuhn.

Hierdie rolprent het in 2006 die "Audience Award" gewen by die Apollo filmfees. Dit het ook die Kannaprys op die 2007 KKNK Filmfees gewen.Die films-for-africa.co.za webwerf Dit is egter deur kritici afgeskiet en het minder as R300 000 by die loket verdien.Is Kômmin Koning in SA, Beeld, 14 Desember 2007

Genre Die rolprent is 'n drama.

Hoofrolspelers Annalise Bosch as Ouma Renier Basson as Kareltjie Aubrie Poo as Fan Jan Hykie Berg as Steyn Quinne Brown as Klaradyn Lucas Maree as Mampoer Boer Dawid Minnaar as die onderwyser Gerhard Odendaal as Polla

Storie Die film speel in die 1940’s af waar Kareltjie, ’n verstandelik gestremde seun, wees gelaat word na 'n perdekar-ongeluk. Fan Jan kom op hom af en neem hom na die plaashuis waar hy saam met Ouma woon. Ouma en Fan Jan kom gou agter dat Kareltjie van musiek en kleilatgooi hou. Dan moet Kareltjie skool toe gaan en dis hier waar dinge begin skeefloop.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente