Wiel was 'n maandelikse Afrikaanse motortydskrif en die enigste Afrikaanse tydskrif wat die mark bedien het. Die laaste redakteur was Francois Rabe. Die Wiel is deur Ramsay Son & Parker (EDMS) uitgegee. Hulle is ook die uitgewers van die Engelse CAR-tydskrif.
Wiel het op hulle webtuiste aangekondig dat hulle ná bykans 33 jaar hulle deure toemaak en dat die Februarie 2011-uitgawe die laaste uitgawe van die tydskrif sal wees.WIEL maak toe – vir altyd, . Laas besoek op 16 Februarie 2011.
Verwysings
Eksterne skakels Wiel se voormalige tuisblad: Dit skakel nou na CARmag.co.za
Kategorie:Afrikaanse tydskrifte Kategorie:Suid-Afrikaanse tydskrifte