MultiChoice is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy wat die DStv-satelliettelevisiediens bedryf. Dit is die grootste satelliet-televisiediens in Afrika suid van die Sahara. MultiChoice word deur die Naspers-mediakonglomeraat besit.

Multichoice op die JSE In September 2018 het Naspers aangekondig dat diê sy video-vermaaklikheidsonderneming van die res van Naspers sal skei en dit afsonderlik op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) sal noteer. Die nuwe maatskappy,"MultiChoice Group", sluit MultiChoice Suid-Afrika, MultiChoice Afrika, Showmax Afrika en Irdeto in. Die notering het plaasgevind op 27 Februarie 2019, met aandele-kode MCG. Die aandeel was dadelik in aanmerking vir insluiting in die JSE Top40, die lys van die grootste 40 aandele deur markkapitalisasie.

Sien ook KykNET - Afrikaanse TV kanaal MK - Musiek TV Kanaal

Verwysings

Eksterne skakels Multichoice se tuisblad Suid-Afrikaanse TV aan-lyn - KuduClub.com

Kategorie:Massamedia Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye Kategorie:Suid-Afrikaanse televisie