'n Sokkie is 'n sosiale dans wat saam met 'n maat gedans word en veral gewild is onder Afrikaners. Die woord "sokkie" dui op hoe mense vroeër in hulle kouse (of kaalvoet) moes dans om die houtvloere in die studentesale te beskerm,Etimologiewoordeboek van Afrikaans hoewel dit nie meer die geval is nie. Daar word ook na die dans verwys as "langarm", "sakkie-sakkie", "kotteljons" of "Water-pomp".
Sokkieplekke in Suid-Afrika Danskraal, Belville in Northumberland-straat, Oakdale Industria, Bellville, huidig. Klipwerf Danssaal in Brackenfell-suid, sedert 1995. Nikita’s in Quarrystraat, Bellville, huidig. Opskop, naby Stellenbosch, sedert 2008. Rangos Langarm Dansplek, Nelspruit, sedert 2015. Spectro in Kerkstraat, Pretoria, 1980's. Soundwave in Belville, 1980's – 1990's. The Palms in Bottelarypad, naby Stellenbosch, huidig. Topaz in Vermeulenstraat, Pretoria, 1990's. Zillertal in die Louis Pasteurgebou in Schoemanstraat, Pretoria.
Kunstenaars Van die kunstenaars wat sokkie albums opgeneem het sluit in: Blackie Swart Kurt Darren Juanita du Plessis Leon Schuster Nicholis Louw
Van die kunstenaars wat sokkietreffers vrygestel het sluit in: Andriëtte Brendan Peyper Charlize Berg Dennis East Die Campbells Dozi Franja Heinz Winckler Klipwerf Orkes Manie Jackson Refentse Snotkop
Daar word ook gesokkie op musiek van internasionale kunstenaars, soos byvoorbeeld: ABBA Britney Spears BZN Daughtry Gareth Gates George Ezra Jennifer Rush Joe Cocker Kelly Clarkson Men At Work Modern Talking No Mercy Scotts & Erika Sjöström Sean Kingston Shania Twain Smokie The Bangles Westlife
Verwysings
Eksterne skakels http://www.sapromo.com/sa/entertainment/sokkie
Kategorie:Dans Kategorie:Suid-Afrikaanse samelewing