Juanita du Plessis (née Naudé) (26 April 1972 – ) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres wat in Suidwes-Afrika gebore is. Sy het bekend geword ná haar treffer "Ska-Rumba".

Juanita is getroud met Herman (Doepie) du Plessis. Saam het hulle drie kinders – Ruan, Mario en Franja (die laaste twee is 'n tweeling). Haar broer, Pieter Naudé, haar dogter, Franja du Plessis en seun Ruan Josh is ook sangers in eie reg. Die totale verkope van al haar albums beloop reeds meer as 2 miljoen eenhede.

In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse DVD vir haar 10 Jaar Platinum Treffers. Die DVD bevat al Juanita du Plessis se suksesvolste treffers oor die eerste 10 jaar van haar sangloopbaan. In 2018 vier Juanita haar 20 jaar in die musiekbedryf met 'n trefferalbum: 20 Jaar, Treffers van 2008 - 2018.

Diskografie Young Hearts (platinum) Ek en Jy (Ska-rumba) (3x platinum) Dis Waar Ek Wil Wees (2x platinum) Jy Is... (3x platinum) Altyd Daar (3x platinum) Bly By My (2x platinum) Jou Skaduwee (2x platinum) Vlieg Hoog (4x platinum) Volmaakte Kring (3x platinum) Bring jou Hart, met Theuns Jordaan (3x platinum) 10 Jaar Platinum Treffers (3x platinum) Engel van my hart (3x platinum) Wees Lig (3x platinum) Hart vol Drome, met Theuns Jordaan (Platinum) Jy Voltooi My (2x Platinum) Toe Staan Die Wêreld Stil (Platinum) Kaalvoetkinners Koningskind 20 Jaar Dis Tyd

DVD's Juanita Op haar Beste (regstreeks, 4x platinum) Altyd daar DVD (2x platinum) Bring jou hart, saam met Theuns Jordaan (5x platinum) 10 Jaar Platinum Treffers DVD (3x platinum) Tydloos... Die Musiekvideo's (platinum) Hart vol Drome, saam met Theuns Jordaan (2x platinum)

Toekennings 1994 Liedjieskryfkompetisie Namibië Drie komposisies eindig in die Top 10 1997 CMA Awards Beste sangeres Beste liedjieskrywer 1998 CMA Awards Beste sangeres Beste liedjieskrywer Spesiale Presidentsverering vir musikale uitblinker 2001 GMT Geraas-musiektoekennings Liedjie van die jaar (Ska-Rumba) Album en topverkoper van die jaar (Ek en Jy) 2005 Huisgenoot Tempo-toekennings Gunsteling vroulike kunstenaar Stylvolste sangeres 2006 Huisgenoot Tempo-toekennings Gunsteling vroulike kunstenaar Stylvolste sangeres 2006 Vonk-toekennings Beste vroulike kunstenaar van die jaar 2007 Huisgenoot Tempo-toekennings Gunsteling vroulike kunstenaar Beste DVD van die jaar (Altyd daar Live) Beste gospelalbum van die jaar (Vlieg hoog) Gunsteling gospelkunstenaar van die jaar 2007 Vonk-toekennings Beste vroulike kunstenaar van die jaar Beste album van die jaar 2008 Kanna-toekenning Bring jou Hart (saam met Theuns Jordaan) vir beste produksie by Die Musiekplaas: KKNK 2008 Huisgenoot Tempo-toekennigs Gunsteling vroulike kunstenaar Gunsteling DVD (Bring Jou Hart met Theuns Jordaan) Liedjie van die jaar: Mengelmoeskardoes Topverkoper van die jaar (Volmaakte kring) 2008 Vonk-toekennings Beste verkoper van die jaar Gewildste vroulike kunstenaar 2009 SAMA-toekennings Beste Afrikaanse DVD (Bring jou hart met Theuns Jordaan) 2009 Tempo-toekennings Gewildse vroulike kunstenaar Liedjie van die jaar 2010 Finesse Inspirasie vrou Inspirasievrou van 2010 2010 SAMA-toekeninng Beste Afrikaanse DVD (10 Jaar Platinumtreffers "Live") 2011 SAMA-toekenning Beste Afrikaanse Popalbum (Engel van my hart) 2011 Tempo-toekenning Beste popalbum (Engel van my hart) Beste vroulike kunstenaar Topverkoper vir 2010 (Engel van my hart) 2012 Tempo-toekenning Topverkoper vir 2011 (Wees lig) Gunsteling Gospel album van die jaar (Wees lig) 2012 Ghoema-toekennings Beste geestelike album (Wees lig) Topverkoper van 2011 (Wees lig) Diamanttoekenning – Beste verkoper in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, met 'n totale verkoopsyfer van 1 897 171 CD’s

Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels Juanita du Plessis se webwerf

Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Namibiese musici Kategorie:Suid-Afrikaanse musici