GROOTfmhttps://www.grootfm.co.za/ Besoek 13 November 2025. is 'n gemeenskapsradiostasie wat vanuit Pretoria, Suid-Afrika op 90.5 FM in Afrikaans uitsaai. Hulle bedien die groter Pretoria, Centurion en omliggende gebiede. Hulle kan ook landswyd en internasionaal deur hul oudio-stroom gehoor word.
Die stasie speel Afrikaanse en internasionale kontemporêre musiek en bied verskeie geselsprogramme aan. Hulle teikenmark is Afrikaanssprekende volwassenes tussen 35 en 55 jaar.
GROOTfm word deur Media Management Solutions onder leiding van Hardus Zevenster bestuur.
Radio Rippel Op 5 Augustus 2013, na 18 jaar op die lug, en onder nuwe bestuur, is Radio Rippel se naam na GROOTfm verander.
Van die meer bekende omroepers by Radio Rippel was: Elsie Bornman, Sarina Bosman, Anne Boyes, Pieter de Necker, Quan Engelbrecht, Riaan Grobler, Hennie Koortzen, Amanda Loftus, Michael Peek, Kobus Rudolph en Mariska Rabie.
Verwysings
Eksterne skakels
Groot FM se webtuiste Groot FM Radio Radio Rippel se ou webwerf
Kategorie:Afrikaanse radiostasies Kategorie:Suid-Afrikaanse radiostasies