Gagik I (Armeens: Գագիկ Ա) het as koning van Armenië tussen 989 en 1020 geheers. Yuzbashyan, Karen, "К хронологии правления Гагика I Багратуни," Antichnaya Drevnost i Srednii Veka 10 (1973), pp. 195-97. Bagratid Armenië het onder hom sy hoogbloei beleef. Garsoïan, Nina G. "Gagik I," Oxford Dictionary of Byzantium. Oxford: Oxford University Press, 1991, vol. 2, pp. 813-14.
Heerskappy links|duimnael|220px|11de eeuse inskrywing wat melding maak van Gagik I. Parpi, Aragatsotn Provinsie duimnael|links|'n Replika van Gagik se standbeeld by die ingang van die Museum van die Geskiedenis van Armenië. Dit is onbekend wanneer Gagik I gebore is. Hy het sy broer, Smbat II van Armenië, in 989 opgevolg. Hy het gevolg in die voetspore van sy voorgangers wat die bou van kerke en religieuse geboue in die hoofstad Ani betref.Armeens: Arakelyan, Babken N., "Բագրատունյաց թագավորույունը X դարի վերջին և XI դարի սկզբներին" [Die Bagratuni Koninkryk van die laat-tiende tot die vroeë elfde eeue] in Հայ Ժողովրդի Պատմություն [Geskiedenis van die Armeense Mense], reds. Tsatur Aghayan et al. Yerevan: Armenian Academy of Sciences, 1976, vol. 3, pp. 134-140. Gagik het met gebruikmaking van die gunstige ekonomiese omstandighede van Armenië, die leër vergroot tot 100,000 soldate. Gevolglik het hy verskeie Armeense provinsies verenig met Bagratid Armenië, insluitende Vayots Dzor, Khachen, die Nakhchivan Autonome Republiek en die antieke stad van Dvin. Hy het alliansies aangegaan met Gurgen van Iberië en Bagrat III van Georgië, wie se leërs vir Mamlan, die emir van Groter Khorasan, in 998 verslaan het in die dorpie van Tsumb, noord-oos van Meer Van.Madelung, Wilfred. "The Minor Dynasties of Northern Iran," in The Cambridge History of Iran, red. Richard N. Frye. Cambridge: Cambridge University Press, 1975, vol. 4, p. 237. Onder Gagik I, het die Koninkryk van Armenië uitgebrei van Shamkor tot Vagharshakert en die Kura Rivier tot Apahunik naby Meer Van. Die land se ekonomie, kultuur en buitelandse handel het ontwikkel; Ani, Dvin, en Kars het gefloreer. Hy het die gebied van Vanadzor bygevoeg tot sy domein, asook die grootste deel van Artsakh (Khachen) en die twee hoof provinsies van Vaspurakan: Kogovit en Ttsaghkotn.
Na sy afsterwe is sy oudste seun, Hovhannes-Smbat, gekroon as koning terwyl sy jonger seun, Ashot, gerebelleer het teen Smbat en sy onafhanklikheid verklaar het in die Koninkryk van Lori-Dzoraget.Armeens: Arakelyan, Babken. «Գագիկ Ա» [Gagik I]. Armeense Sowjet Ensiklopedie. Yerevan: Armenian Academy of Sciences, 1976, vol. 2, p. 637.
Verwysings
Kategorie:Sterftes in 1020 Kategorie:Armeense geskiedenis