Die Doringrivier-aalwyn (Aloe kamnelii) is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom voor in die Doringriviervallei tussen die Gifberg en die Sederberg asook die Olifantsrivier naby Trawal. Die aalwyn word 1.5 hoog en blom in die lente, Augustus tot Oktober. Die blomme is geel. Die plant is seldsaam maar word nie bedreig nie.
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronnelys SANBI Redlist PZAfrica Plants of the World Online
kamnelii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika