Die Kolopespruit is 'n klein lopie wat aan die regter(suide)bank van die Limpoporivier aansluit, in die verrenoorde van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika.

Die spruit vloei vir sy laaste kilometers deur die Mapungubwe Nasionale Park, voordat dit reg oorkant die Shasherivier in die Limpopo uitmond.

Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Limpoporiviersytakke