Die Wanetsispruit of Nwanedzirivier is 'n spruit in die mopanieveld van die oostelike Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit is 'n takrivier wat net noord van Letaba-ruskamp aan die Letabarivier se regterbank uitmond. Naby die samevloeiing word dit deur 'n grondpad, die S47-toeristeroete, oorgesteek. Aangesien dit meestal 'n droë loop is, is geen brug gebou nie.
Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Limpoporiviersytakke Kategorie:Krugerwildtuin