Die smalblaarspeldekussing (Leucospermum lineare) is 'n blomdraende struik wat tot die Leucospermum genus hoort en deel vorm van die fynbos-bioom. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van Bainskloof tot Jonkershoek. Die struik word tot 2 m groot en dra blomme van Julie tot Januarie.

In Engels staan dit as die Needle-leaf pincushion bekend en in Afrikaans ook as die assegaaibosspeldekussing.

Galery

Sien ook Lys van speldekussingspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas PlantzAfrica Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika