Die perdekopspeldekussing (Leucospermum reflexum) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en vorm deel van die fynbos-bioom. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Sederberg vanaf Pakhuis tot by Wupperthal. Die struik word 4 m groot en dra blomme van Augustus tot Desember.

In Engels staan dit as die Rocket Pincushion bekend. Die boom se FSA-nommer is 85.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die spesie het twee subspesies: Leucospermum reflexum var. luteum Rourke Leucospermum reflexum var. reflexum

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van speldekussingspesies

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika