Die Piketbergspeldekussing (Leucospermum profugum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucospermum behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Piketberg van Versveldpas tot by Aurora. Die struik word 2 tot 8 m breed en dra blomme van September tot Desember.
In Engels staan dit as die Piketberg Pincushion bekend.
Sien ook Lys van speldekussingspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online
Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika