Die Vätternmeer (Sweeds: Vättern, [ˈvɛ̌tːɛɳ]) is die sesde grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 1 886 km². Daarbenewens is dit die naasgrootste meer van Swede net na die Vänernmeer. Dit is in die suide van Swede, tussen Stockholm in die ooste en Gotenburg in die weste, geleë en grens aan die provinsies Västergötland, Närke, Östergötland en Småland.
duimnael|links|Kaart van Swede met die Vätternmeer in die suide duimnael|links|'n Sweedse sauna op die bevrore Vätternmeer Die Vätternmeer vorm saam met die Vänernmeer deel van 'n waterweg regdeur Swede tussen Gotenburg in die weste en die Oossee in die ooste, wat die Trollhätte-kanaal langs die Göta älv in 'n westelike rigting en die Göta-kanaal in 'n oostelike rigting insluit. Jönköping is die grootste stad aan die Vätternmeer en lê langs die suidoewer.
Jaarliks vind in Juniemaand 'n fietstoer rondom die Vätternmeer plaas: Vätternrundan ("Vätternrondvaart"). Dit begin en eindig in Motala en loop oor sowat 300 km. Dit behels geen pryse nie en is oop vir Jan Alleman.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Mere in Swede