Die Transkeise speldekussing (Leucospermum innovans) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en deel vorm van die fynbos-bioom. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die Oos-Kaap en die suide van KwaZulu-Natal; meer spesifiek in Pondoland van die Mtamvunarivier tot by Ntsubane.
Daar is ook geïsoleerde populasies by Paddock en Uvongo in KwaZulu-Natal. Die struik word tot 1 m groot en dra blomme van September tot Oktober. Dit is een van die min speldekussingspesies wat nie in die Wes-Kaap voorkom nie.
In Engels staan dit as die Pondoland pincushion bekend.
Galery
Sien ook Lys van speldekussingspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika