Die skaamroossuikerbos (Protea nana) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom van Porterville suid tot by Du Toitskloof voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik is rond en word 1,3 m hoog. Dit blom van Julie tot Oktober.

'n Brand vernietig die boom maar die sade oorleef. Die saad word vir 'n paar jaar op die plant gehou en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Dit is onbekend wat vir die bestuiwing verantwoordelik is. Die plant groei op berghange op hoogtes van 400 - 900 m.

In Engels staan dit as die Mountain-rose Sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZAfrica Protea Atlas Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika