Die groenhofiesuikerbos (Protea coronata) is 'n groot blomdraende boom wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom vanaf die Kaapse Skiereiland, Du Toitskloofberge tot Kogelberg, Riviersonderendberge, Bredasdorpberge, Potberg, Langeberg en die Outeniquaberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik groei regop, word 2 - 3 m hoog en blom van April tot September met die hoogtepunt in Mei tot Junie.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in swaar, kleigrond in gebiede waar daar hoë reënval is op hoogtes van 200 - 750 m.

Die boom se FSA-nommer is 91.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Green sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys PlantZAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika