Die saagtandsuikerbos (Protea holosericea) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Sawedge-piek op die Keeromsberg voor waar dit deel is van die fynbos-bioom. Die struik groei feitlik regop en word 1,2 m hoog en blom van September tot Oktober.
Brande vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die droë, boonste berghellings op hoogtes van 1 200 - 1 300 m.
In Engels staan dit as die Sawedge sugarbush bekend. Mense wat die plant se blomme gepluk het, het veroorsaak dat die plant amper uitgesterf het in die 1970's.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika