Die riemblaarsuikerbos (Protea lorifolia) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom oor 'n wye gebied voor, in die Koue Bokkeveld tot Swartberg, Riviersonderendberge, Langeberg tot Kougaberge, Baviaanskloofberge, Grahamstad, Riebeek-Oos en Bosberg by Somerset-Oos waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is kompak, rond, word 3 m hoog en blom van April tot Oktober.

Brande vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op droë hellings in sandsteengrond op hoogtes van 450 - 1 400 m.

Die boom se FSA-nommer is 91.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Strap-leaved sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Eksterne skakel

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika