duimnael|Barcelona-stoel
Die Barcelona-stoel is 'n stoel wat deur Mies van der Rohe en Lilly Reich ontwerp is, vir die Duitse paviljoen by die Internasionale Uitstalling van 1929. Die uitstalling het in Barcelona, Katalonië, Spanje plaasgevind.
Die stoel is aanvanklik in Villa Tugendhat, 'n privaatwoning, wat deur Mies in Brno (Tsjeggiese Republiek) ontwerp is, gebruik.
Materiale en vervaardiging Die raamwerk is oorspronklik ontwerp om aanmekaar gebout te word. Die stoel is egter in 1950 herontwerp deur gebruik te maak van vlekvrye staal. Dit het 'n naatlose raamwerk met 'n gladder voorkoms tot gevolg gehad. Beesleer is gebruik om die ivoorkleurige varkvel wat vir die stoffering van die oorspronklike weergawes gebruik is, te vervang.
Filosofie en ergonomie Hoewel baie argitekte en meubelontwerpers uit die Bauhaus tydperk van voornemens was om goed ontwerpte huise en onberispelik vervaardigde meubels vir 'gewone mense' beskikbaar te stel, was die Barcelona-stoel 'n uitsondering. Dit is vir die Spaanse koninklikes ontwerp, om hulle in staat te stel om toesig te hou oor die openingseremonies van die uitstalling. Die tydskrif Time het die uitstalling en stoel as " 'n wonderlike Duitse paviljoen" beskryf. Die vorm van die Barcelona-stoel is vermoedelik geïnspireer deur 'n Romeinse voustoel, bekend as die Curule-stoel. Dit was gestoffeerde bankies met X-vormige pote, wat deur die Romeinse aristokrasie gebruik is. Ondanks die Barcelona-stoel se industriële voorkoms, verg dit volgens Knoll Inc. heelwat hande arbeid.
Huidige produksie Sedert 1953 vervaardig Knoll Inc die Barcelona-stoel in chroom en vlekvrye staal. Die stoele word byna volledig met die hand vervaardig, en elkeen het 'n afdruk van Van der Rohe se handtekening, wat in die raamwerk gedruk word.
Namaaksels van oorspronklike Barcelona-stoele word egter ook deur ander vervaardigers wêreldwyd vervaardig, en word onder verskillende bemarkingsname verkoop. [ <span title="This claim needs references to reliable sources. (November 2019)">aanhaling nodig</span> ]
In die populêre kultuur In sy 1981 boek oor moderne argitektuur, From Bauhaus to Our House, beskryf Tom Wolfe die Barcelona-stoel as 'die Platoniese ideaal van stoele'. Hy skryf dat, ondanks die stoel se hoë prys, die besit daarvan as't ware 'n noodsaaklikheid vir jong argitekte geword het: 'Wanneer jy die heilige voorwerp op die sisaltapyt gesien het, het geweet dat jy in 'n huishouding was waar 'n ontluikende argitek en sy jong vrou alles opgeoffer het om die simbool van goddelike missie in hul huis te bring.'
Sien ook Bauhaus Ludwig Mies van der Rohe
Bronne Sourcebook of Modern Furniture, Third Edition, Jerryll Habegger en Joseph H Osman Miles van der Rohe, Aurora Cuito en Cristina Montes Bauhaus, Hans Engels en Ulf Meyer Modernisme - designing a new world, Christopher Wilk, V&A p. 155 Oxford Dictionary of Modern Design, Jonathan Woodham
Verwysings
Eksterne skakels Foto's van die Barcelona-paviljoen 360 grade uitsig op die Barcelona-stoel