Die bruinbaardsuikerbos (Protea speciosa) is 'n blomdraende struik wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Bredasdorpberge en is deel van die fynbosbioom. Die struik groei regop, word tot 1,2 m hoog en blom van Junie tot Januarie met die hoogtepunt in September tot Oktober.

Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in bergagtige, koel, suidelike hellings op hoogtes van 0 - 1 300 m.

In Engels staan dit as die Brown-beard sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika