Die Kougaberge is 'n bergreeks wat oor die grens van die Oos-Kaap en Wes-Kaap, Suid-Afrika, strek in 'n oos-na-wes rigting. Dit is deel van die Kaapse Plooigordel. Dit begin net oos van Uniondale en strek verder ooswaarts. Dit skei die Baviaanskloof aan noordekant en die Langkloof aan suidekant van mekaar. Die Baviaanskloofberge en die Kougaberge loop parallel met mekaar. Die hoogste punte is Smutsberg (1757 m),https://www.baviaans.co.za/page/geology Kougakop (1719 m),Reader's Digest Atlas of Southern Africa, 1984, Saptoukop (1714 m) en Hoopsberg (1705 m). Die laasgenoemde kop is net oos van Uniondale. duimnael|links|Die Kougaberge bestaan uit 'n westelike deel, oos van Uniondale, Wes-Kaap, en 'n oostelike deel wat die provinsiale grens oorspan. Verwysings
Eksterne skakels Kougaberge op mapcarta.com
Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika