Die skurweblaargrondsuikerbos (Protea scabra) is 'n blomdraende struik wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Hottentots-Hollandberge tot die Riviersonderendberge en Kleinrivierberge asook die Swartberg te Caledon. Die spesie is deel van die fynbosbioom. Die struik vorm 'n digte wortelagtige mat van 50 cm in deursnee. Dit blom van April tot Oktober met die hoogtepunt van Julie tot Oktober.
Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word een tot twee jaar nadat blomme gevorm is, vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind moontlik plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in bergagtige gebiede in skaliegrond op hoogtes van 50 - 900 m.
In Engels staan dit as die Sandpaper-leaf sugarbush bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika