Die skurweblaarsuikerbos (Protea piscina) is 'n blomdraende struik wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Sederberg en Piketberg tot Ceres, Langeberg en Swellendam tot byHeidelberg. Die spesie is deel van die fynbosbioom. Die struik vorm 'n digte wortelagtige mat van 1 m in deursnee. Dit blom van Junie tot Januarie.
Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word een tot twee jaar nadat blomme gevorm is, vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind moontlik plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 400 tot 1 200 m.
In Engels staan dit as die Visgat sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika