Die blosendesuikerbos (Protea stokoei) is 'n blomdraende boom wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor in die Kogelberg en Groenlandberg rondom Elgin waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik groei regop, word tot 3 m hoog en blom van Mei tot Oktober.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in klam, veenagtige grond op hoogtes van 900 - 1 200 m.
In Engels staan dit as die Pink sugarbush bekend.
Die boom se FSA-nommer is 97.5.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZAfrica Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika