Die rooisuikerbos (Protea grandiceps) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Kaapse Skiereiland, Hottentots-Holland-, Riviersonderend-, Langeberg, Outeniekwa-, Groot-Winterhoek- en Kammanassieberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is rond en word 2 m hoog en blom van September tot Januarie.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die droë, boonste berghellings op hoogtes van 1 200 - 1 700 m.

Die boom se FSA-nommer is 89.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Red sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys PlantZAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika