Die maanhaarbergroos (Protea witzenbergiana) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Sederberg tot Hexrivierberge en die Bokkerivierberge. Die plant is deel van die fynbosbioom. Die struik sprei uit en word 3 m in deursnee en 50 cm hoog. Dit blom van Maart tot Junie met die hoogtepunt van April tot Mei.
'n Brand vernietig die boom maar die sade oorleef. Die saad word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Dit is onbekend wat vir die bestuiwing verantwoordelik is, moontlik knaagdiere. Die plant groei op bergagtige hellings op hoogtes van 750 - 1 800 m.
In Engels staan dit as die Swan sugarbush bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika