Die kleingroenroos, (Protea scolymocephala) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Kaapse Skiereiland en Kleinmond tot Hawston, asook die Gifberg. Die spesie is deel van die fynbosbioom. Die struik word 1,5 m hoog. Dit blom van Julie tot November met die hoogtepunt van Augustus tot September.

'n Brand vernietig die boom maar die sade oorleef. Die saad word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Dit is onbekend hoe bestuiwing plaasvind. Die plant groei sanderige vlaktes op hoogtes van 0 - 400 m.

Dit staan ook as die witskollie en in Engels as die Thistle sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys PlantZAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika