Die bergroossuikerbos (Protea canaliculata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Die plant kom vanaf die Hexrivierberge tot Waboomsberg asook in die Swartberg voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik groei regop en word 1.2 m hoog. Dit blom van Maart tot Junie met die hoogtepunt in Mei.

'n Brand vernietig die boom maar die sade oorleef. Die saad word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind vermoedelik plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in rotsagtige, oop kwartsiet of sandsteengrond op hoogtes van 800 - 1 500 m.

In Engels staan dit as die Groove-leaf sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Protea Atlas Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika