Die Transvaalbergsuikerbos (Protea rubropilosa) is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom op die eskarp van die Drakensberg vanaf Wolkberg tot Lydenburg voor. Die boom is kwasterig, sprei uit en word 8 m hoog. Dit blom van September tot Desember met die hoogtepunt in Oktober.
'n Brand vernietig die boom maar die sade oorleef. Die saad word 9-12 maande nadat dit geblom het vrygelaat. Die saad word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sandsteen- en kwartsietgrond op hoogtes van 1 400 - 2300 m.
In Engels staan dit as die Transvaal sugarbush bekend.
Die boom se FSA-nommer is 97.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Verwysings
Bronnelys PlantZAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika