thumb|Mierstoel Die Mierstoel (Deens: Myren) is 'n moderne, twintigste eeuse stoel, waarvan die ontwerp as klassiek en tydloos beskou word.danish Design store Die stoel is in 1952 deur Arne Jacobsen, vir gebruik deur die Deense farmaseutiese firma Novo Nordisk se kantien, ontwerp. Die Mierstoel het sy naam gekry op grond van die ooreenkoms wat die stoel toon met 'n mier, met sy kop opgelig.SfmomaCn Bing Dictionary
Die stoel is ontwerp om lig en stabiel te wees. Die stoele stapel maklik opmekaar, en bied praktiese, gemaklike spasie vir die gebruiker se voete. Die oorspronklike model het drie plastiekpote en 'n sitplek van gevormde gelamineerde fineer gehad; Novo het net 300 daarvan bestel. Dit is deur Fritz Hansen vervaardig. Die stoel het sedertdien baie gewild geword. Die plastiekpote is egter mettertyd met buisvormige staal vervang. 'n Weergawe met vier stoelpote, in plaas van die oorspronklike drie stoelpote, is ook intussen gemaak.
Verwysings
Eksterne skakels
"The Ant" op Fritz Hansen se webwerf
Kategorie:Meubels